Inyathelo in the Headlines

Die week in die Landbou - 20 Nov 2015 - Landbouweekblad

Oudstryder Wen

Joylene Van Wyk

Me. Judy Stuart, die onbaatsugtige voormalige melkboer van Future Farmers in KwaZulu-Natal, het die Inyathelo-prysvir liefdadigheid in ekonomiese ontwikkeling van die South African Institute of Advancement gekry. Sy is saam met emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu een van net 90 weldoeners wat die prys in die afgelope nege jaar gekry het.Sy het reeds meer as 200 behoeftige jong mense gehelp om vastrapplek in die landboubedryf te kry. Haar geheim is goeie indiensopleiding en om sekerte maak die jong mense beland in die sektor waarin hulle werklik belangstel.